HOMEPAGE
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
12 Call Street / P.O. Box 25, Makwassie,
Tel: +27 18 597 4796 / Fax: +27 86 622 5363
info@crossroad-ministries.co.za
North West, South Africa, 2650
Crossroad Gospel Message
Go to content
Camps > Past Camps > Prophetic Women's Camps

So baie vroue het gebel en hul plek geboek vir ons vrouekamp Let it Rain wat verby is 26-28 Oktober en gevra: “Waar is Deo Gloria? Waar is Barkley-Wes?” Party het dit selfs verwar met Beauford-Wes! Vroue het vanuit Britz, Oos Londen, Gauteng, Upington, Bronkhorstpruit en en en gekom en hulle was oorweldig deur die asemrowende natuurskoon van die Noord-Kaap!

Ons hou al sedert 2005 by Deo Gloria kampe en elke jaar as ons hier inry, dan ervaar ons die salwing van die Here en word ons so bewus van die sieleoes wat al op hierdie gronde ingekom het vir God se Koninkryk! Hier het al soveel trane van vergifnis, verlossing, blydskap en oorwinning gevloei. Soveel deurbrake en bevrydings!

Ons volgende Nasionale Profetiese Vrouekamp vir 2013 is DV 25-27 Oktober weer hier by Deo Gloria! Ons het alreeds 2x60 seater busse volbespreek!

Let it Rain 2012 is vir ons ‘n persoonlike hoogtepunt en ‘n kamp wat uitstaan bo almal! Elke jaar is uniek en God doen verskillende werk elke jaar, maar hierdie jaar was net spesiaal...

Ons het God se Gees op ‘n heel nuwe vlak ervaar en beleef. As ek dink hoe ons gedans het op ‘n eenvoudige liedjie “Ek wil dans voor die Here”..met net 2 kitaardrukke, dan staan ek verstom om te aanskou hoe God vroue vrygemaak het en gedoop het met Sy vreugdeolie...

DIT WAS HARDE WERK!

Ons knieë was blou, ons bene was styf van scaffolding klim, ons vingers was nerf-af, maar ons harte was vol verwagting!

Ons het ‘n span duisend gehad wat van die Dinsdag voor die kamp tot die Maandag na die kamp vir ons gehelp het en ons sê vir julle uit ons harte dankie. Dankie ook vir ons naweekspan wat ingekom het om te help met die bediening! AL die geld in die wêreld sal nie genoeg wees nie, want deur julle harde werk, het honderde siele vrede, redding, oorwinning gevind!

LAAT DIT REëN!

Die Here het gesê dit sal reën en Braam het nogals so laggend gevra of hy die pomp moet gaan start... en toe gebeur dit!
Donderdag aand begin ons te oefen en sing die liedjie “Laat dit Reën” van Onbeskaamd en die volgende oomblik breek die hemel oop!
Dit reën nie net normaal nie...dis ‘n wolkbreuk en die water vloei soos ‘n rivier voor die saal verby! Ons het almal buitentoe gestorm en    Francois Jnr het op sy knieë geval en die Here begin loof en prys!
God is getrou!! As jy dit kan glo...sal jy dit sien en ervaar!!
Die salwing en krag van God het gevloei van die eerste note wat die worship team gespeel het!





Dit was soos ‘n stortreën van seën! Daar was geen keer nie! Die vroue het gedans en die Here aanbid met oorgawe! Ons het ‘n profetiese aksie gedoen met van die vroue wat uitgestaan het die aand na Francois se kosbare woord en aan hulle “Jesus se gebreekte liggaam” bedien. Dit was oorweldigend en ek het nog nie soveel trane gesien vloei nie!
Selfs ons eie span is deur God se Gees aangeraak. Ons het vir Coen bedien en die Here het hom weggeruk in ‘n hemelse toestand waarin hy nie geweet het wat met hom gebeur nie...hehe...hy het nie eens sy eie vrou herken nie!
Ons het bitter laat daardie Vrydagnag tot ruste gekom, maar ons kon nie eens slaap nie agv die salwing wat net bly vloei het!


WIE OF WAT DRA JY OP JOU RUG?
Vrydagaand Sessie - Ps Francois van den Bergh

Saterdagmiddag is 57 vroue gedoop met die bekeringsdoop!

Kyk, as jy nie self daar was nie, is dit moeilik om te beskryf watter Goddelike atmosfeer en salwing daar             geheers het nie. Jy kan dit net nie beskryf nie. Daar was ‘n ongekende JOY!

Na die doop het ons ‘n profetiese aksie gedoen en almal wat wou, het die “laste wat op hul rug was se letsels en bloed” afgewas! Dit was verfrissend en jy kon voel hoe jy soos ‘n nuwe mens uit die water opkom...VRY!


DAL VAN DOODSKADUWEE


Francois het ons bedien uit Psalm 23, al gaan jy deur ‘n dal van doodskaduwee... God maak jou hoof vet met olie...jou beker loop oor!Daarna het ons elke vrou..ja ELKE vrou...gekroon as “Ester”, en haar hoof          vetgemaak met olie. 2 Liter Salfolie!!

Daarna het Francois al die manne wat op die kamp gehelp het, gevra om in die middel van die vroue te gaan staan en hulle het ingetree vir elke vrou se man by die huis. Ons het God aangeroep vir elke huwelik en die getuienisse stroom steeds in!

Die Sondagoggend het ons ‘n “WOORD REëN” aksie gehad! Daar het nie EEN vrou huistoe gegaan sonder ‘n WOORD VAN GOD nie.


HOMEPAGE
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Donec commodo sapien et dapibus consequat. Phasellus a sagittis massa. Suspendisse potenti.
Duis non arcu venenatis, cursus ex.
Created with WebSite X5
Luke 14:23-24 The Message
“The master said, ‘Then go to the country roads. Whoever you find, drag them in. I want my house full! Let me tell you, not one of those originally invited is going to get so much as a bite at my dinner party.’”

Non Profitable Company
Registration Nr 2013/002341/08
© 2017 Crossroad Gospel Message NPC

Lukas 14:23 Die Boodskap
“‘Nou ja, dan moet jy nog mense gaan soek,’ sê die huisheer. ‘Gaan keer almal voor wat met die hoofpad hier naby verbyry. Ja, en gaan ook daar na die winkelsentrum toe. Keer almal voor wat jy raakloop en smeek hulle om na my fees toe te kom. Moenie nee vir ’n antwoord vat nie. Hou aan totdat hulle ja sê. Sleep hulle saam met jou hierheen terug as dit moet. My huis moet vol word. Maar daardie ander spul wat genooi is, sal nie hulle monde aan my kos sit nie.’”
Pastors Francois & René van den Bergh
Back to content