12 Call Street / P.O. Box 25, Makwassie,
Tel: +27 18 597 4796 / Fax: +27 86 622 5363
info@crossroad-ministries.co.za
North West, South Africa, 2650
Go to content
Camps > Upcoming Camps
NASIONALE PROFETIESE AANBIDDINGSKAMP VIR VROUE 2018
Waar die Gees van God die Hoofspreker is!
Hierdie jaar gaan 'n baie besonderse jaar wees by sekerlik een van ons gewildste kampgronde in Suid-Afrika, Soli Deo Gloria! Hier in die senter van Suid-Afrika, in 'n ou diamantmyn, het God deur Sy Heilige Gees al letterlik duisende vroue se lewens heelgemaak, gered, toegerus, bekragtig, versterk en gepositioneer vir hul roeping!
Ons beleef tans Jesus Christus, ons Bruidegom en Messias se deernis vir vroue.... vroue uit elke volk, stam, nasie, taal. Hy wil JOU aanraak, maar Hy sal dit nie doen sonder jou toestemming nie. Hy soek 'n desperate hart wat met liefde vir Hom klop. Hy soek jou by Sy voete.... Hy soek jou by die put.... Hy soek jou trane wat warm drup op Sy voete wat deurboor is vir JOU!


AAN DIE VOETE VAN JESUS IS DAAR VREDE, GENESING, OORWINNING EN TOTALE VERLOSSING!!!

Ons gaan hierdie naweek fokus op vrou in die Bybel werklik 'n belewenis aan die voete van Jesus gehad het! MAAR! Ons gaan OOK dit beleef wat hulle beleef het en meer nog....Hy LEEF en Hy het OPGESTAAN en dieselfde krag wat Jesus uit die dode opgewek het, is die krag wat veronderstel is om in jou en deur jou te werk!!! AMEN!!!!

PROFETIESE AKSIES

Vroue wat al ons kampe oor die afgelope 14 jaar bywoon, weet dat dit is 'n profetiese aanbiddingskamp en profetiese aksies maak 'n groot deel uit van ons kampe!
Hierdie jaar wys die Here vir ons OLIE & WATER! Water word ook soms na verwys as olie in die Woord en ons sien hoe die OLIE & WATER gaan vloei totdat daar GEEN KANNE meer oor is om te vul nie!!! "Bring jou eie KRUIK saam", sê die Here van die Leërskares! Ëk wil vir jou wys hoe Ek jou wil seën. Ingestop, ingeprop tot oorlopens toe vol, maar jy moet in GEHOORSAAMHEID kom en met 'n opregte hart!"

Vir die hele Saterdag se sessies gaan ons aantrek soos vroue uit die Bybel en jy gaan 'n Godlooflike ervaring hê net soos hierdie vroue in die Bybel.....

Die vrou wat aan Bloedvloeing gely het ...... ja Jesus wil jou LIGGAAM genees!

Die vrou wat in owerspel geval het .... ja Jesus wil jou SKANDE wegwas, jou sonde vergewe!

Die vrou by die put ..... ja Jesus wil vir jou ten spyte van jou verlede, die WATER VAN DIE LEWE gee!

Maria, die suster van Lasarus .... ja Jesus wil jou Martha mentaliteit verruil vir 'n Maria mentaliteit en jou RUS GEE van jou werk!

Maria Magdalena wat Sy voete gewas en gesalf het ..... ja Jesus wil jou EER HERSTEL en jou liefde vir Hom beloon!!

Jesus se moeder Maria aan Sy voete by die kruis ..... ja Jesus wil vir jou nie wees agterlaat nie, Hy wil vir jou 'n seun gee, HOOP ten spyte van jou hartseer en pyn!

Maria Magdalene by die graf .... ja Jesus wil aan jou openbaar dat Hy die OPGESTANE HEILAND is en dat Sy krag in jou 'n werklikheid is!

Die Olieverkoper...ja Jesus wil jou KRUIK vul....FINANSIEëL, maar ook jou kruik van salwing laat oorloop van jou BEDIENING!


Ps Francois van den Bergh
Mede-Spreker van die Heilige Gees!
Apostoliese Bediening
Woord Sessies

Ps René van den Bergh
Mede-Spreker van die Heilige Gees!
Profetiese Bediening

Ps Avon & Beryl Browning
Mede-Spreker van die Heilige Gees!
Apostoliese Bediening
Woord Sessies

Neil & Lorinda Fourie
Mede-Spreker van die Heilige Gees!
Teaching & Councelling

© 2017 Crossroad Gospel Message NPC
Back to content